References

The article "Krismis op Paarlberg" was written by Marguerite Lombard and published in the Paarl Post on 4 December 2008.

Paarl Rock's cannon

The VOC cannon on Paarl Rock is an old ship's cannon - one of several used to signal the arrival of ships in Table Bay harbour, and to summon men to defend the Cape settlement.

The granite rocks

Five types of granite have been identified on Paarl Mountain. The most common is the coarse grained Bretagne Granite, named after Bretagne Rock.

Other campsites

In the 1800s and early 1900s, before motorised transport made family holidays in distant places more affordable, many families camped on Paarl Mountain during school holidays. Some of the camp sites were at Meulwater, Oukraal, Pienaarskamp, Groot Oukraal, Tredouxkamp, Elsiesbos, Waboomkop and at Kanariedam. 

Mountain road

Paarl Mountain has two access points from Main Street: the one in Suider Paarl near the KWV's head office, and the other in Noorde Paarl near the outskirts of the town. The road - Jan Phillips Drive - was built in the 1920s and was the brainchild of one of Paarl's wagon builders, JF Phillips.

Krismis op Paarlberg


Krismiskamp se klok.
Krismiskamp se groot wit kersklok is vanjaar ‘n honderd jaar oud.
Dié gewilde piekniekplek op Paarlberg was jare gelede ‘n kampplek waar die Grundlingh en Perold families Kersvakansies deurgebring het.
‘n Paar jaar gelede het die Heemkring ‘n onderhoud met Jackie Grundlingh gevoer oor sy kinderjare by Krismiskamp. 
    Sy pa-hulle het van 1907 daar gekamp, en daardie jare was daar nie so iets soos in ‘n motor klim en tot by die kampplek te ry nie. Die bergpad soos ons hom vandag ken, is eers in die 1920s gebou. Die gesin is met ‘n wa en twee pêrde al langs die Gabbema Doordrif tot op die berg. Terloops die pad na die Taalmonument word vandag nog Gabbema Doordrif genoem. Grundlingh vertel dat in daardie jare was die pad deur Sonnie le Roux se plaas Lantana.
    Die pad was nie baie goed nie, en elke jaar – so drie weke voor hulle vakansie – het sy pa en ‘n paar werkers die pad gaan skoon maak en ‘n bietjie herstelwerk gedoen. “Die paadjie was taamlik steil en op ‘n plek moes ons die perde afhaak, die wa draai en weer aanhak. Op die berg self was daar nie ‘n pad nie,” vertel hy.
    Behalwe vir al die tente, klere en beddegoed, het hulle vakansie trek ook hoenders, ‘n “hog” bier en ‘n koei ingesluit.  
    Die was die seuns se taak om die koei by Krismiskamp te kry. “Ons het ‘n kortpad geneem van Enslinstraat op tot by Victoriadam, dan verby die Silverbome by Tweegat tot by Krismiskamp. Het het ons omtrent ‘n uur gevat, maar ons vroeg wegspring om voor sonop op die berg te wees.”
    Oor die jare het hulle die kampplek onder die olienhoutbome mooi ingerig met “kamers” en ‘n “kombuis”.  In die kombuis is spykers ingekap waaraan eetgery en doeke gehang kon word, en daar was ook ‘n “koelkas”. Die koelkas was niks meer was ‘n raam waaroor nat sakke gegooi is, maar binne-in het die bier, melk en botter heerlik koel gebly. Hy vertel dat sy ma selfs ‘n klei-oond gehad het waarin sy koek en brood gebak het.
    Eers was dit net die Perolds en Grindlinghs, en later ook die Warmhovens en die Therons. Die kinders het nooit ‘n tekort aan speelmaats gehad nie.
    Die eerste dag van die vakansie het die kinders almal Pennyklip toe gegaan. “Pennyklip was ‘n groot plat klip aan die weste kant van die berg, en die grootmense het altyd voor die vakansie vir ons kinders ‘n oulap of pennie tussen die mos gaan versteek. Nou nie op ‘n gevaarlike plek nie.  Dan gaan soek ons daardie oulap. Dit was ‘n vreeslike gedoente as jy dit kon kry.”
    In die dag het die kinders perdgery en die grootmense het jukskei gespeel. In die hitte van die dag het almal skuiling onder die olienhoutbome gesoek, en in die aand het almal tot laat om die kampvuur gesels.
    Later toe die kinders ouer begin raak, het hulle in die middag afgestap Paarl toe om tennis te speel of te gaan fliek. So het vriende ook van die dorp opgestap om vir die dag te kom kuier. 
    Vandag is Krismiskamp se olienhoutbome nog steeds daar, en ‘n mens verwonder jou oor hoe groot hierdie bome kan word. ‘n Honderd jare later en ons braai nog steeds vleis en hou piekniek onder Krismiskamp se skadubome.