Acknowledgement

The article Op soek na Wellington se ou wamakers was written by M Lombard and appeared in the Paarl Post of 26 March 2009.

Wagon museum

For more information on the wagon industry visit the De Poort Heritage Village or click on the image below to follow a link to their website.



The artisans

The photograph left was taken in the early 1900s and is a copy from Callie Theron's collection. Mr Theron was able to identify the people on the photograph: from left to right: Jan Philander, Mr Fortuin, Mr Fourie, Callie Theron, Koos van der Merwe, H Gerber en Roelof van der Merwe.

Paarl's wagon industry

In the late 1800s and early 1900s, Paarl was at the centre of a thriving wagon building industry. Read about Paarl's wagon industry, read I de Villiers Blignaut's recollections, or have a look at a gallery of photographs from old catalogues.

Wellington se ou wamakers


Wellington het reeds in die laat 1600s bekend gestaan as Wamakers -vallei, tog weet ons tot vandag nie hoe die naam ontstaan het nie. Miskien was daar ‘n wamaker onder een van die eerste Hugenote settelaars; of miskien is dit na die waboom vernoem waarvan kleiner parte vir die waens gemaak is.
    Vandag is daar min tekens van dié ou bedryf.
    Callie Theron vertel dat sy oupa CJ “Callie” Theron destyds ‘n wamaker op Wellington was. “Oupa het in Murraystraat gewoon, en die wamakery was ook op die erf – aan die agterkant. Vandag sou sy wamakerskuur en smidswinkel min of meer op die hoek van Terrace- en Commissionerstraat gestaan het. “
Net ná die Tweede Wêreldoorlog het ‘n ou sinkgebou nog oorgebly. Ek was toe in die Voortrekkers en die geboutjie was ons spankamer.
    “Toe was die gebou in twee verdeel. Een kant was om Danie van der Merwe se stalle en perdewa waarmee hy kruideniersware afgelewer het. Ek kan nog onthou dat in die hoek het die smidswinkel se oond nog gestaan.”
    Sy oupa CJ Theron was 18 jaar oud toe hy as vakleerling by J Baartman in die Paarl begin werk het. Ná hy vyf jaar later as vakman gekwalifiseer het, het hy vir die wamaker Koos van der Merwe op Wellington gaan werk.
    Een van die waens wat hy gebou het was ‘n “kappenwagen” wat hy in die vroeë 1900s vir Mnr PL Rossouw van die Bovlei gebou het. Komponente is slegs by uitsondering van buite gekoop, soos die Voigt remme gehad van die bekende ingenieursfirm in die Paarl, en die seil is van JW&T Conolly van Kaapstad. Die wa se kleure was ook tradisioneel: donker groen met rooi wiele en disselboom. Die wa sou ook tipies deur agt muile getrek gewees is.
    Waens het toe in drie kategorieë geval: die oswa of trekwa wat baie swaar werk gedoen het en wat deur sestien ossen getrek is, die ligter muilwa wat deur agt muile getrek is, en ‘n ligte 2 to 3 ton wa wat deur vrugteboere gebruik is om vrugte mark toe te neem. Die wamakers se waens is op treine op Wellingtonstasie gelaai en in die binneland verkoop. “Die meeste waens wat oupa gemaak het is na die Noordkaap en Vrystaat. Hy het ‘n broer gehad wat hulle vir hom verkoop het. Soms is waens ook geruil vir beeste en muile wat dan weer per trein afgekom het Kaap toe.”
    In die vroeë 1900s was daar nog ‘n hele paar wamakers op die dorp. Onder die bekendes was CJ Theron in Murraystraat, Albertus Malan in Malanstraat, Isaac de Villiers, William Lowe, en ‘n Vlotman. Vlotman se besigheid was blykbaar naby die brug in Bainstraat; en De Villiers s’n langs die van Malan. Callie Theron vertel dat sy oupa die wamakerbesigheid van Van der Merwe gekoop en daarmee aangegaan to ongeveer 1932. Sy pa Dawid Francois Theron was ook later in die besigheid.
    “Oupa het al die jare die wamakery gehad tot met die Depressie-jare toe motors meer geword het, en boere al hoe minder waens gekoop nie. Sy oupa het toe die wamakery verander in ‘n smidswinkel.”
    Die wamakers se dae was getel en een vir een het hulle deure gesluit. In die 1950s was JH “Hennie” Ehlers se wamakery naby Hexberg die laaste wat oorgebly het. Die besigheid is in 1914 deur sy pa begin.
    Na die Tweede Wêreldoorlog was daar nog ‘n paar boere wat nog waens gehad het.
    Volgens ‘n berig in die Bolander van 1952 het Ehlers se kliënte boere soos Koos Malan van Oakdene, Koos le Roux van Driefontein en Dan Retief van Welvanpas ingesluit. Hy het die vorige jaar ook ‘n wa vir Wellington Dairy gemaak wat volgens die melkery se instruksies, wit geverf gewees word en nie die tradisionele groen nie.
    Callie Theron vertel dat Hennie Ehlers en sy ouers huisvriende was en dat hy as jong seun baie by die werkswinkel gekom het, en onthou veral hoe hulle wiele reggemaak het.
    “As hulle die naaf in sit - daar is altyd daardie puntjie wat jy moet afslaan. As die man hom daar neersit met daardie lang tang - so gloeiend warm - dan moet die ander slaan met die voorhamer. Hoe netjies hulle hom maak. Dit lyk asof hy so afgesny is. Jy kan dit omtrent nie glo nie.“ In daardie dae het baie vragmotors ook houtbakke gehad, en dié het Hennie Ehlers ook gemaak en opgesit. Selfs die yster knippe wat die bakke se reëlings aan mekaar vasgehou het, is in sy smidswinkel gemaak, vertel Callie Theron. “Hy het alles self gemaak, ek dink hy het net skroewe elders gekoop.”
    Ehlers se ou wamakery se gebou bestaan nog, en word vandag as ‘n motorhawe en werkswinkel bedryf. Volgens Callie Theron het die gebou oor die jare baie min verander.