The article Op soek na Wellington se ou wamakers was written
by M Lombard and appeared in the Paarl Post of 26 March 2009.

For more information on the wagon industry visit the De Poort Heritage Village or click on the image below to follow a link to their website.

The photograph left was taken in the early 1900s and is a copy from Callie Theron's collection. Mr Theron was able to identify the people on the photograph: from left to right: Jan Philander, Mr Fortuin, Mr Fourie, Callie Theron, Koos van der Merwe, H Gerber en Roelof van der Merwe.
In the late 1800s and early 1900s, Paarl was at the centre of a thriving wagon building industry. Read about Paarl's wagon industry, read I de Villiers Blignaut's recollections, or have a look at a gallery of photographs from old catalogues.
Wellington het reeds in die laat
1600s bekend gestaan as Wamakers -vallei, tog weet ons tot vandag nie
hoe
die naam ontstaan het nie. Miskien was daar ‘n wamaker onder
een van die eerste Hugenote settelaars; of miskien is dit na die waboom
vernoem waarvan kleiner parte vir die waens gemaak is.
Vandag is daar min tekens van
dié ou bedryf.
Callie Theron vertel dat sy oupa CJ
“Callie” Theron
destyds ‘n wamaker op Wellington was. “Oupa het in
Murraystraat gewoon, en die wamakery was ook op die erf – aan
die agterkant. Vandag sou sy wamakerskuur en smidswinkel min of meer op
die hoek van Terrace- en Commissionerstraat gestaan het. “
Net
ná die Tweede Wêreldoorlog het ‘n ou
sinkgebou nog oorgebly. Ek was toe in die Voortrekkers en die geboutjie
was ons spankamer.
“Toe was die gebou in twee
verdeel. Een kant was om Danie van
der Merwe se stalle en perdewa waarmee hy kruideniersware afgelewer
het. Ek kan nog onthou dat in die hoek het die smidswinkel se oond nog
gestaan.”
Sy oupa CJ Theron was 18 jaar oud toe hy as vakleerling by J Baartman
in die Paarl begin werk het. Ná hy vyf jaar later as vakman
gekwalifiseer het, het hy vir die wamaker Koos van der Merwe op
Wellington gaan werk.
Een van die waens wat hy gebou het was ‘n
“kappenwagen” wat hy in die vroeë 1900s
vir Mnr PL Rossouw van die Bovlei gebou het. Komponente is slegs by
uitsondering van buite gekoop, soos die Voigt remme gehad van die
bekende ingenieursfirm in die Paarl, en die seil is van JW&T
Conolly van Kaapstad. Die wa se kleure was ook tradisioneel: donker
groen met rooi wiele en disselboom. Die wa sou ook tipies deur agt
muile getrek gewees is.
Waens het toe in drie kategorieë geval: die oswa of trekwa wat
baie swaar werk gedoen het en wat deur sestien ossen getrek is, die
ligter muilwa wat deur agt muile getrek is, en ‘n ligte 2 to
3 ton wa wat deur vrugteboere gebruik is om vrugte mark toe te neem.
Die wamakers se waens is op treine op Wellingtonstasie gelaai en in die
binneland verkoop. “Die meeste waens wat oupa gemaak het is
na die Noordkaap en Vrystaat. Hy het ‘n broer gehad wat hulle
vir hom verkoop het. Soms is waens ook geruil vir beeste en muile wat
dan weer per trein afgekom het Kaap toe.”
In die vroeë 1900s was daar nog ‘n hele paar
wamakers op die dorp. Onder die bekendes was CJ Theron in Murraystraat,
Albertus Malan in Malanstraat, Isaac de Villiers, William Lowe, en
‘n Vlotman. Vlotman se besigheid was blykbaar naby die brug
in Bainstraat; en De Villiers s’n langs die van Malan.
Callie Theron vertel dat sy oupa die wamakerbesigheid van Van der Merwe
gekoop en daarmee aangegaan to ongeveer 1932. Sy pa Dawid Francois
Theron was ook later in die besigheid.
“Oupa het al die jare die wamakery gehad tot met die
Depressie-jare toe motors meer geword het, en boere al hoe minder waens
gekoop nie. Sy oupa het toe die wamakery verander in ‘n
smidswinkel.”
Die wamakers se dae was getel en een vir een het hulle deure gesluit.
In die 1950s was JH “Hennie” Ehlers se wamakery
naby Hexberg die laaste wat oorgebly het. Die besigheid is in 1914 deur
sy pa begin.
Na die Tweede Wêreldoorlog was daar nog ‘n paar
boere wat nog waens gehad het.
Volgens ‘n berig in die Bolander van 1952 het Ehlers se
kliënte boere soos Koos Malan van Oakdene, Koos le Roux van
Driefontein en Dan Retief van Welvanpas ingesluit. Hy het die vorige
jaar ook ‘n wa vir Wellington Dairy gemaak wat volgens die
melkery se instruksies, wit geverf gewees word en nie die tradisionele
groen nie.
Callie Theron vertel dat Hennie Ehlers en sy ouers huisvriende was en
dat hy as jong seun baie by die werkswinkel gekom het, en onthou veral
hoe hulle wiele reggemaak het.
“As hulle die naaf in sit - daar is altyd daardie puntjie wat
jy moet afslaan. As die man hom daar neersit met daardie lang tang - so
gloeiend warm - dan moet die ander slaan met die voorhamer. Hoe netjies
hulle hom maak. Dit lyk asof hy so afgesny is. Jy kan dit omtrent nie
glo nie.“ In daardie dae het baie vragmotors ook houtbakke
gehad, en dié het Hennie Ehlers ook gemaak en opgesit. Selfs
die yster knippe wat die bakke se reëlings aan mekaar vasgehou
het, is in sy smidswinkel gemaak, vertel Callie Theron. “Hy
het alles self gemaak, ek dink hy het net skroewe elders
gekoop.”
Ehlers se ou wamakery se gebou bestaan nog, en word vandag as
‘n motorhawe en werkswinkel bedryf. Volgens Callie Theron het
die gebou oor die jare baie min verander.