I de Villiers Blignaut worked as a railway clerk at Huguenot Station in Paarl. His stepfather was a wheelwright for the wagon builders JF Phillips in Paarl.
Blignaut was interviewed in the late 1970s or early 1980s by Eben Louw and Fanie Maritz. Their interview was captured on Tape 77. Drakenstein Heemkring. Afrikaans. Partial transcription.
* Die Paarl, WA Joubert, Paarl Drukpers, copy at the Drakenstein Heemkring; * Rytuie van weleer, Jacques Malan, Van Schaik, 1981. Copy at the Drakenstein Heemkring. * Die tradisionele wamakersbedryf in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die Paarl, Hennie van der Merwe, University of Stellenbosch, 1983, copy at the Drakenstein Heemkring
Paarl was at the centre of a thriving wagon building industry. See Wagon Builders to read more about the industry.
Wagon builders employed local photographers to compile
catalogues of their wagons and carts. These photographs are part of the Drakenstein Heemkring's Gribble Collection.
My stiefvader was 'n wheelwright by die JF Phillips fabriek. Hyhet net die wiele gedoen. Die res is in verskillende werkswindels in die fabriek vervaardig. JF Phillips se fabriek was aan die bokant van Lady Grey en Fabriek Straat. Die wiele van al die voertuie van hierdie fabriek is deur Oom Kootjie Blignaut gemaak. Hy het sy eie werkswinkel en mense binne die fabriek gehad. Hy was 'n stukwerker. Die materiaal is deur die fabriek verskaf. Hy het sy eie gereedskap gehad ... As jong seun het ek baie tyd in my stiefvader se werkswinkel deurgebring ...
In die werkswinkel Die wiel bestaan uit vier stukke: die naaf, speke, vellings en die band. Die 5de is is die ysterbus in die naaf waarin die as pas. Dit is voorafgevaardig. Die naaf is van hout gemaak. Die speke is eers rof gewerk, dan na spesifikasies met die hand afgewerk om te pas by die naaf. (My stiefpa) het gereeld ou staalvere uit staanhorlosies gebruik om die speke netjies af te werk, dan met sandpapier afgewerk. As die speke reg is, is wiele aanmekaar vasgesit. Hiervoor was daar 'n put in die werkwinkel - 'n langwerpige smal gat in grond, met hout uitgevoer, bo het 'n swaar balk aan weerskante gestaan, aan hierdie balke was daar klampysters waaraan die naaf vasgeklamp is wanneer die speke ingeslaan word. Die lengte van die put was bietjie langer as die lengte van die deursnee van die grootste wiel wat gemaak is. Die diepte, die straal van die wiel.
Om 'n wiel te maak ... een man sit op 'n bankie om die speek reg op te hou, en aan die ander kant staan 'n man met 'n tien pond hammer. Die speke is in die tapgate van die naaf ingedryf ... witloot gesmeer om die indryf te vergemaklik, dit sit ook vas wanneer die witlood droog is. .. (dit was) gevaarlike werk, want as die speek bars of split, hand kan dan seer kry. Dan moet dit weer uitgehaal word. ... Namate die wiel vorm kry, moet al die speke regop en in lyn wees. Spesiale selfgemaakte meet instrument - regop paaltjie, met dwarsbalkie teen 9o grade - is gebruik. ... Wanneer die houtwerk aan die wiel klaar is, dan moet die band om getrek word deur die smitswinkel se mense.
Smidswinkel Buite die fabriek is 'n groot ronde sement blad met 'n gat in die middel waarin die naaf pas - sodat die wiel plat op die blad is. Die band is effens kleiner as die omtrek van die wiel. Die band word eers in 'n ope vuur buite tot byna rooi warm verhit. Drie mans met knyptange haal (die band) dan uit ... (dit is dan) op die wiel geplaas en met hamers in posisie geslaan. ... omdat die hout kan verbrand, moet die band moet so gou moontlik afkoel en krimp ... twee of drie mans gooi koue water al om oor die band. Hulle het altyd in groepe gewerk.
Verwerk Die laaste operasie aan 'n wa of kar was die verfwerk. Dit is in die verfwinkel gedoen, gewoonlik deur slamaaiers. .... in die verfwinkel (was daar) vir 'n hele paar jaar 'n George Baardman, bygestaan deur Pieter Hugo. Hulle het hulle eie verf gemeng. Baardman het dikwels hoendervere gebruik om die fyn strepies en krulletjies te maak.
Die ongeduldige koper Eendag kom 'n ou oom van die Vrystaat, redelik ryk, na die Boland. Sy wa moes net van die allerbeste hout gemaak word. Die maak van die wa het 'n tydtjie gevat, en die Oubaas het bietjie ongeduldig geraak. Hy kom toe by die fabriek aan om te kyk hoe gaan dit met sy wa. Op daardie stadium was sy wa alreeds in die skilderwinkel. Hulle was besig daarmee. Sien, alle hout het klein barsies - niie ernstig nie, maar dit moet toegesmeer word voordat die wag geskilder kan word. Die slams was besig om barsies met stopverf toe te smeer. "En jy wat maak jy?" vra die man. "Oubaas ek verf die barsies toe met stopverf." Die man raak toe moeilik: "Maar ek wou dan die sterkste en beste hout gehad het." Die man antwoord toe, "maar Oubaas die stopverf is nog sterker as hout." Die koper kan toe nie verstaan nie: "dan maak hulle mos vir my 'n wa van stofverf."
Die wamakers In Fabriekstraat was J Phillips. Retief de Villie oorkant die huidige J Phillips parkeerplek. Waar Pick 'n Pay se parkeerarea nou is. Hulle was nie die enigste wamakers nie. JF Retief was in Dwars-in-die-Weg. Retief het reg oor sy besigheid gewoon, in Monte Rosa, 'n blok woonstelle is mos nou daar. In die Hoofstraat was Starke. Hy het ook sy huis oorkant sy fabriek gehad ... kleiner fabriek in die Hoofstraat van Johnny Solomons.
Hugenote stasie In 1920s (was ek) 'n aptenaar by Hugenote stasie ... treinvragte waens en karre na binneland. Nou hoe om spoorvrag te bereken? ... drie waens op trok .. eerste op sy wiele, tweede en derde waens sonder wiele bo-op .. disselbome uitgehaal ... die wiele in bak van die wa gesit. Nie per gewig bereken, maar per lengte, gaan oor die area wat in beslag neem word. In die geval van karre is die disselbome uitgehaal ... die kar rus dan op die vloer ....