The article "Skoenmaker trap diep spore" was written by Marguerite Lombard appeared in the Paarl Post of 24 April 2008.
under construction.
Tensy
jy spesifiek na 'n skoenwinkel soek, sal jy maklik Henry
Slamet se
werkswinkel aan die onderpunt van Fonteinstraat misloop. Staan jy in
die winkel, kom jy gou agter dat die winkel die hardklop van 'n straat
is. “Môre Oom Henry” en “Dag
Hennie” groet mense in die
verbygaan. Kort-kort is iemand weer binne om ‘n
paar skoen op
te tel of in te handig.
Henry Slamet het een van die oudste
besighede in die straat, en werk al
meer as vyftig jaar hier agter die swaar hout toonbank. Van die ouer
mense ken hom van die dae toe Fonteinstraat nog ‘n fontein
gehad het -
onder waar die college se sekuriteitshek vandag is.
En hy kén mense en hulle
skoene.“Sien, as iemand
‘n paar skoen in bring
om te laat reg maak, kan jy maar weet hy is baie lief is vir daardie
skoene. Mense laat nie sommer ‘n skoen laat regmaak
nie.”
Henry Slamet vertel van ‘n
gesiene boer wat op 'n dag
‘n paar
leerskoene ingebring vir herstelwerk. "Ek kon sien die skoen
is al oud, en baie gedra. Toe sê vir my, 'Hennie, jy moet
niks sê oor
hoe hierdie paar skoene lyk nie, dis my voete daai.' Ek kon
sien dit is 'n paar skoen is wat wat waarde het vir sy voete."
Heel dag werk Henry Slamet by sy
drie-voet yster lees. ‘n
Lees,
verduidelik hy, kom in een standaard grootte voor. Die drie voete is so
ontwerp dat die lees altyd goed gebalanseer is en standvastig kan
staan. Hierdie voet, wys hy, is om ‘n hak op reg te maak.
Hierdie een,
glip in a dameskoen, en hierdie in ‘n groot
mansskoen.
“Eintlik is die lees van piouter gemaak, en sommer baie duur
om te
vervang. As jy dit per ongeluk laat val, breek dit sommer maklik. Dis
hoekom die ou mense gesê het: skoenmaker hou jou by jou
lees!”
Hy vertel dat jare gelede het mnr CP van
der Merwe, toe rektor van die
kollege, ook ingestap en vir hom gevra, 'Maar Hennie, hoe weet jy wie
se skoen dit is?' Ek sê toe vir hom, 'Mnr van der
Merwe, ek
hoef net na mense se gesigte, dan weet ek watter skoen hulle
s’n is.'"
Henry Slamet werk al sedert 1952 hier in
die winkel. Destyds het hy as
twaaljarige seun begin werk vir Mnr Nicky Goosen. Hy vertel dat hy die
dag nog goed kan onthou.
“Meneer Goosen het in die deur
van die winkel gestaan, toe
stop ek en
vra 'Oubaas ek soek werk'. Eers wou Mnr Goosen niks weet nie. 'Hennie,'
het hy gesê, 'jy moet in die skool wees.' Ek het net aangehou
dat ek
skoen wil regmaak, want ek kom van ‘n familie waarin daar
baie
skoenmakers is.
“So het hier begin as
‘n jong seun, en groot geword
in die plek. Later - ek was al ‘n jong man - het ek
vir Mnr Goosen
gesê ek wil
fabriek toe gaan. Toe sê hy 'Hennie, jy kan gaan, maar as jy
leer wat
ek vir jou kan leer, gaan jy eendag vir jouself werk.'
“Vandag is ek nie spyt dat ek
na hom geluister nie.”
Toe mnr Goosen oorlede is, het hy die
werkswinkel in 1976 oorgekoop.
“Dit was ‘n moeilike
tyd want ons Kleurlinge mag
toe nie eintlik hier
in die middel van die dorp besigheid doen nie. Ek het net
R18.50 in my sak gehad toe, en 'n familie om te onderhou. Dit het baie
praat gekos, en later het mnr Viljoen van die munisipaliteit vir my kom
sien en my laat weet ek kan bly.”
Hy is trots daarop dat hy en sy vrou
Mona uit die klein herstelwinkel
kon sorg dat hulle kinders ‘n goeie opvoeding gekry het.
Vandag woon
twee van sy kinders in Suid-Korea, een in Gauteng en hy het ook
‘n
dogter op Wellington.