Biography

Edith Stephenson (75) lives in Wellington at Onze Werf, a property that she inherited from her father Gideon Gabriel "Basie" Rossouw.

Acknowledgement

The article "Storie- verteller duisend" by Marguerite Lombard appeared in the Paarl Post of 30 October 2008.

Podcast

under construction.

Champagne

The farm Champagne was first allocated to the French Huguenot Hercule Verdeau in 1699. A large portion of the original farm was subdivided in the mid 1800s to establish the town Wellington.


Edith Stephenson - 'n storieverteller duisend

Edith Stephenson is lief vir reis, en hierdie liefde het sy van haar pa Gideon Gabriel “Basie” Rossouw geërf.
    Vandag woon sy en man John in die Rossouw se familie huis - herdoop na Onze Werf - in Bainstraat aan die Spruitrivier. Die erf was lank gelede deel van die Huguenote plaas Champagne, wat later onderverdeel is om die dorp Wellington te vestig.
    Sy vertel dat, nog voor sy gebore is het haar pa Wellington se drukkery van Pietie Roux gekoop. Die Wellington Drukkerij was altyd in Malanstraat en het die Wellington Gazette gedruk, en die koerant is later in die Paarl Post opgeneem.
    “My ouers het in 1929 Groot Mist toe getrek, en ek is daar in 1933 gebore. My broer was toe so ses of sewe jaar oud. Daar het my ma ‘n winkeltjie gehad en my pa het diamante gedelf.”
    Toe sy ses jaar oud is, trek die familie weer, hierdie keer na Namibië, of Duits Suid-Wes soos hulle dit toe genoem het. Weer agter diamante.
    Tog het hulle altyd weer terug gekeer Wellington toe om vir Oupa en Ouma Rossouw te kom kuier.
    “Ek onthou toe ek nog baie klein was, dan sit ons in Oupa se huis om die eetkamertafel. Dan voel ek hoe bewe die vloer as of daar ‘n aarbeweging is. “Dan is dit Oupa se perd wat in die stal staan en kap met sy voete.”
    Behalwe vir die perd met sy Clydesdale pote, het haar oupa ‘n groot groetetuin gehad en ‘n skuur vol waens. Die “spider” waarme daar stasie toe gery is, die “skoonwa” vir as daar meel of suiker gehaal moes word, en die “vuilwa” vir die steenkool en hout.
    Na skool het Edit begin om buitemuurs drama te studeer met bekendes soos Joey de Koker en Babs Laker.
    Sy het in ‘n rolprent “Die Reën kom weer” gespeel. “Dit was baie gewild en het seker twintig jaar geloop - tot in Suid-Wes en Rhodesia soos dit toe genoem is.”
    Daar was ook advertensies vir ‘n Duitse maatskappy. Sy onthou die audisie vir Wrigglies Chewing Gum, waar sy ‘n paar modelle uitgestof het vir die rol. “Hulle aangestap gekom, so met die een voet voor die ander, kompleet soos ‘n kameel. Dit moes baie inspanning gekos het, want hulle kon nooit die woorde reg onthou nie!.”
    Dan was daar die advertensie vir Firestones. “Ons moes drie uur die oggend op ‘n plaas in Durbanville wees, om betyds te wees vir die sonsopkoms.
    “Die kameras was reg, daar was ‘n man om die ganse op die regte oomblik los te laat, en ek het ‘n themos koffie.
    “Soos ek nou loop moet die man die ganse los laat, en daar staan my man, die boer, by die trekker.
    “Dis net daar waar ek sien die trekker het dan Goodyear tyres! Die regiseur het amper ‘n hardaanval gehad.” Dit kos toe die trekker omdraai om sy Firestone-kant te wys.
Dan was daar al die radio-werk vir die SAUK. “Ons het altyd twee aande in die week gerepperteer, dan Saterdae en Sondag middae die opnames. Die SAUK was daardie dae in Pleinstraat, toe trek ons Strandstraat toe en later na Seepunt.”
    Mense het haar stem leer ken en partykeer in die mees onwaarskynlikste plekke.
    “Ons was een jaar in Namibië naby die Etosha panna. My seun was toe vyfjaar oud en hy het altyd gehoor hoe ek as kind bok-kapaters gery het. Toe gaan vra ek vir ‘n boer of my seun nie een van sy kapaters kan ry nie.
    “Hy kyk my so en sê meisiekind maar ek ken jou stem, Haai dis moes Amelia se stem. Die radio-storie loop toe al sewe jaar. Hy roep vir jou vrou, Vrou gooi vir haar koffie en los die bokmelk, gee vir haar daai nuwe ding - die kremoora.”
    Die man vertel hoe hy en sy vrou met die bakkie saam met hulle beeste, bokke en skape getrek het op soek na weiding.
    “Dan vertel hy, so kwart voor drie, moet alles stop. Dan, dan sê hy: Vrou, gooi die draad in die bos, en sal solank vuurmaak. Teen drieuur is die koffie klaar en dan luister hulle vir “Amelia” op die radio.”
    Edith vertel dat sy en haar man John is altwee baie lief vir reis. Hulle het al in die Ooste gereis tot in Japan, en van Oslo tot by die Arktiese Sirkel, en van Kairo tot by die Aswandam.
    Op jaar 70ste verjaarsdag het ‘n kameel gery in die Sahara-woestyn in Tunisië. “Die kameel is ‘n snaakse ding, as hy opstaan voel dit mos jy gaan oor sy kop val.
    “Daar is John weg op sy kameel, en ek roep: Help me. I need a fast one because they are going already.
    “En Tunisieër kom na my toe en sê, Lady, see this white camel, look how thick his legs are, this one I race in the international race in Libya en daar hardloop ons oor die sand, duine op en duine af.
    “Ek kry net komplemente van hierdie mooi jong man met sy dikbeen wit kameel, en ek sê vir hom, I will sing to you, it is a song of the desert.” Net daar leer sy vir hom die temalied van die rolprent “Caravans”.
    Suid-Amerka is ‘n kontinent wat Edith graag wil aanpak, maar Wellington bly haar anker. Wellington en haar Oupa se huis en werf in Bainstraat.